So ek is ‘n stil mens.
Jy wil praat mens.
So ek is vervelig.
Maar tog het jy my nodig.
Ek wil graag luister.
Jy wil my hoor fluister.
En ek het jou lief, hoor.
Dit kan jy nie genoeg hoor.
So ek is vir romanse.
Jy vat soms kanse.
So ek is ‘n hopeless case.
Maar ek’s bo aan jou lys.
En ek gee graag raad.
Jy wil my hoor praat.
En ek is mal oor jou.
Dit kan jy vertrou.
Soms maak ek foute.
Is ek tussen ‘n noute vasgevang.
Soms is ek nie daar nie.
Maar ek’s ook nie ver nie.
En ek het jou lief hoor.
Dit kan jy nie genoeg hoor.
Jy is my een.
Jy is my enigste.
Alles wat ek wil hê.
Soms is ek anders.
Soms wil jy dit anders hê.
Maar dis hoe dit moet wees.
Ek is jou een.
Ek is jou enigste.
Alle wat jy wil hê.
Soms is jy anders.
Soms wil ek dit anders hê.
Maar dis hoe dit moet wees.
Want ons is gemaak vir mekaar.