Ek’s bang om jou naby my te hê.
Maar moet ook nie te ver dwaal nie.
Want ek’s bang ek sit weer alleen.
Ek’s bang ek val vir jou.
Dat jy nie daar gaan wees om my te vang nie.
Nog meer bang jy val vir my.
En dat ek jou nie kan vang nie.
Ek haat die alleenwees.
Maar gee my tog ook bietjie spasie.
Ek wil jou naby my hê.
Maar ook nie te naby nie…
Ek’s bang.
Bang vir weer seerkry.
Bang dit werk perfek uit.
Ek’s bang ek mis uit.
Bang ek mis die een.
Ek’s bang ek dink te veel.
Bang ek dink te min.
Bang ek stamp my kop te veel.
Maar meer bang ek stamp dit nie genoeg nie…
Ja, ek’s bang.
Maar ten minste het ek jou om saam die bang weg te jaag.