Die lewe gaan op en af.
Daar is hierdie eb en vloei.
Soms gaan jy saam met die ritme.
Soms verloor jy die beat.
Die lewe gaan op en af.
Soms meer die een as die ander.
Soms tel jy weer die drom op.
Gereed om te begin.
Maar ook so bang om weer die ritme te verloor.
Die lewe gaan op en af.
Daar is hierdie eb en vloei.
Laat gaan net.
Laat dit jou neem waar jy hoort.