So dinge gebeur vir ‘n rede.
Alles het sy doel.
Nee, ek sien dit nie altyd nou nie.
Ek haat hierdie kak gevoel.
Ja, alles gebeur vir ‘n rede.
Alles het sy doel.
Ek sien dit nou eers.
Die beste van als, is dat ek nou weer kan voel.
Jy’t my baie geleer.
Ja, dit was ook soms seer.
Maar ek sal weer.
En weer.
En weer.
Alles vir daardie gevoel.