Site Overlay

Ek en Jy

Alles het net verkeerd geloop.
Die meeste van my vriendskappe dood.
Maar jy was daar.
En ek was daar.
Wie sou kon raai?

Jy was jy.
En ek was ek.
Maar tog het dinge reg gewerk.
Met jou en my.
En ek en jy.
Het ons vriendskap gebly.

Dit is waar.
Die lewe is swaar.
Maar tog was jy nog altyd daar.
Met jou en my.
En ek en jy.
Het ons vriendskap gebly.

Kom ons maak dit nog beter.
Ek weet nou verseker.
Dis net ek en jy.
En soms in jou lewe.
Tye van vrede.
Met ek en jy.
Dis wat ek voel.
Met ek en jy.

Ek het in die rondte gegaan.
Net om dieselfde ou wentelbaan.
Maar jy was daar.
En ek was daar.
Wie sou kon raai?

Published By:

Author: Conrad

Nothing quite like good company and a great whine - I prefer red. Head of Creative at Afrihost. Writing is like therapy, so welcome to a slice of my mind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *