Koorsig vonkel die oseaan.
Sug van vroeg dagbreek.
‘n Kombers van trane spoel.
‘n Fluister eggo tergend.
Jy is hier.
Somer. Winter. Lente. Herfs.
Konstant.
Aanhoudend.
Kan ek jou dieptes seil.
Iewers heen vaar waar ek nog nooit was nie.
Iewers in die oopte myself vind.
In die middel van ‘n kalm oseaan.