Ons was altwee dieselfde.
Die een so bietjie maller as die ander.
Mettertyd het alles net natuurlik gekom.
Alles het stuk vir stuk in plek geval.
Maar iewers langs die pad het ek jou verloor.
Die snaakste van als is ek’t dit nie eers geweet nie.
Maar tog het dinge dieselfde aangegaan.
Maar tog het dinge heeltemal verander.
Die pad saam.
Was toe net ‘n pad saam alleen.