Sal jy agterkom as ek in die donker lê.
Alleen en koud.
Terwyl jy êrens anders sit.
Sal jy agterkom as ek moeg is.
Kwaad en geirriteerd.
Terwyl jy agter die geslote hek sit.
Sal jy agterkom as ek genoeg gehad het.
By die breekpunt staan.
Terwyl jy net nog aangaan.
Op jou selfsugtige eie.
Sal jy agterkom as ek my goed pak en loop?
…nie so gedink nie…