Stad.
So groot.
Ryp met geleentheid.
Jy verwelkom my met ope arms.
Wys my die rykom van jou land.
Dit kan alles joune wees, sĂȘ jy.
Alles wat jou hart begeer.
Mense sal opkyk na jou.
Hulle sal wens hulle was jy.
Tog kom alles met ‘n prys.
Maar met jou sal ek kan onderhandel.
Gee net ‘n bietjie van jouself.
Dis al; al wat ek vra.
Stad.
So groot.
Ryp met geleentheid.
Maar die hart vrot daar binne.