Jy het jou eie plek.
Jou eie mense.
Meer as wat jy nog ooit kon droom.
Soveel geleenthede.
Nog meer seeninge.
Maar hoekom is daar nogsteeds iets wat kort?
Is dit die feit dat jy mens is.
Dat maak nie saak hoeveel jy het nie.
Jy nooit rerig tevrede sal wees nie.
Is dit rerig omdat daar iets kort.
Of weet jy nie wat om te maak met dit wat jy het nie.
Wat is dit wat jou so angstig maak.
So bang en eintlik so hartseer.
Wat is dit wat jou glimlag flou maak.
Jou net wil laat wegkom van alles.
Hoekom is jy verlore.
Wat het jy verloor langs die pad.
En waar gaan jy dit weer kry?